top of page

Family Profile

Geldenhuys

 

Ons is 'n Afrikaanse familie van 4, een dogter met twee kleinkinders en 'n seun wat ook getroud is met i kleinkind.  Die Leeukloof Lapa het reeds ontstaan omdat ons seun en toe sy verloofde graag 'n piekniek troue in die bos wou he.  Hulle wou 'n regte sprokies troue he.  Wat hulle toe ook gekry het, want Leeukloof Lapa is absoluut 'n sprokie wereld in die aand.  Ek glo daar is min venues wat op so 'n plek gelee is op die walle van die Perdeberg rivier.  Dit is vir die persone wat wil weg beweeg van 'n saal en graag naby aan moeder natuur wil kom en die kloof met al sy skoonheid wil benut.  Daar is al 'n hele paar bruide onder die bome op die walle van die rivier getroud met die kabbelende rivier in die agtergrond.

Ons het die kleinhoewe in 2004 gekoop met niks op nie.   Ons het nou ook 'n olyf boerdery 'n olyfkwekery en bietjie wingerd waarmee ons naweke boer.  Dit is vir ons 'n tweede paradys. 

Dan is ek ook 'n lid van Cancervive, wat vir die bewusmaking van Borskanker werk, want ek is self daardeur. 

Julle is welkom om 'n afspraak te maak en te kom kyk hoe dit lyk.

bottom of page